Die Groter Prentjie
Ontdek die Hemelse Raaisel en Vind Jou Ware Identiteit in Christus!
Ontdek die epiese verhaal van die skepping, verraad, verlossing en herstel! Die Groter Prentjie is nie net ’n boek nie – dis ’n geestelike openbaring wat jou sal neem op ’n lewensveranderende reis vanaf die hemelse trone tot in die dieptes van menslike gebrokenheid… en weer terug na herstel en oorwinning!
Hierdie meesterstuk bestaan uit 8 kragtige hoofstukke, elkeen begin met relevante Bybelverse wat op ’n verhalende, lewensgetroue manier aan jou voorgelê word. Daarna volg diepgaande en helder openbarings van Bybelse waarhede wat jou sal help om God se hart, droom en plan vir die mensdom beter te verstaan.
Begin in die hemel saam met Lucifer die Môrester – die glansengel van musiek – en sien hoe sy val die heelal verander het. Reis saam deur God se meesterlike skeppingsplan, die ontstaan van die mens, en die listige misleiding van die slang in Eden.
Hoor die roepstem van Abel se bloed, voel die pyn van Job se beproewings, beleef die krag van Golgota en ontdek die onmeetlike waarde van jou identiteit in Christus. Elke bladsy trek die sluier weg oor die onsigbare stryd tussen lig en duisternis – en jou plek daarin.
Die laaste hoofstuk is ’n transformerende selfhelp-gids – ’n beradingstool wat jou toerus om die leuens van die vyand te identifiseer en dit te vervang met die Waarheid wat genees. Hier word die gebroke heel, en die verlore vind weer rigting.
Soos ’n kamera wat uitzoom, gee Die Groter Prentjie vir jou ’n hemelse perspektief – jy sien nie net jou eie storie nie, maar ook die ewige rolle van Jesus Christus en Satan in die geestelike stryd.
Verlang jy na ’n dieper verhouding met God? Wil jy staan in jou volle identiteit in Christus? Dan is hierdie boek ’n absolute móét!
